September 24, 2021

Hoeveel sterrestelsel bevat die nuutste Hubble-foto? #FunFactFriday

Die mees omvattende foto van die heelal wat deur die Hubble-teleskoop geneem is, is saamgestel uit 7 500 individuele foto’s wat oor 16 jaar geneem is.

Volgens Hubble se webtuiste is die projek genaamd  Hubble Legacy Field. Onder andere sluit dit verskeie wetenskaplike projekte in wat in die infrarooi- en naby-infrarooiligspektrum foto’s van die heelal neem.

Die nuwe Hubble-kiekie bevat ongeveer 256 000 sterrestelsels en strek oor ’n tydperk van 13.3 biljoen jaar tot sovêr terug as 500 miljoen jaar na die ontstaan van die heelal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *