Het jy vandag jou pantoffels aan?

Vandag is nasionale pantoffeldag (slipper day) en Kimberley se kinders is vandag skool toe met hulle pantoffels ten bate van Reach For A Dream.

Reach For A Dream bring hoop, vreugde en genesing aan Suid-Afrikaanse kinders met lewensbedreigende siektes en hul gesinne, om hulle verlore kinderjare te herwin. Die afgelope drie dekades het die Reach For A Dream Foundation meer as drie miljoen lewens positief aangeraak.

Die jaarlikse Reach For A Dream-pantoffeldag op 10 Mei is ‘n prettige geleentheid vir Suid-Afrikaners om hierdie wonderlike werk te ondersteun.

Mense word gevra om vooraf polsbandjies teen R10 elk by Wimpy, Pick ‘n Pay of Dischem te koop, en fondse gaan na die Reach For A Dream Foundation.

Jy kan dan jou pantoffels skool toe of werk toe aantrek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: