Dra pers vir wêreld-lupusdag

Deel hierdie storie / Share this story

Dra vandag pers op wêreld-lupusdag ter ondersteuning vir die bewusmaking van dié onbekende siekte.

Lupus is ‘n sistemiese outo-immuunsiekte wat voorkom wanneer jou liggaam se immuunstelsel jou eie weefsels en organe aanval. Ontsteking veroorsaak deur lupus kan baie verskillende liggaamstelsels beïnvloed ,insluitende jou gewrigte, vel, niere, bloedselle, brein, hart en longe.

Lupus kan moeilik wees om te diagnoseer omdat die tekens en simptome dikwels dié van ander kwale naboots. Die kenmerkendste teken van lupus is ‘n gesigsuitslag wat lyk soos die vlerke van ‘n vlinder wat oor albei wange versprei is – kom voor in baie, maar nie alle gevalle van lupus nie.

Sommige mense word gebore met ‘n neiging om lupus te ontwikkel, wat veroorsaak kan word deur infeksies, sekere middels of selfs sonlig. Terwyl daar geen geneesmiddel vir lupus is nie, kan behandeling simptome beheer.

Bron: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/lupus/symptoms-causes/syc-20365789