Wat is lekkerder as heerlike tuisgemaakte koekies wat jou ouma vir jou maak? Tuisgemaakte koekies vir jou diere! Soos al baie deur veeartse gewaarsku, kan jy nie vir jou diere alles gee wat jy eet nie, al wil jy hulle soms bederf.
Maar, hier is gesonde resepte vir tuisgemaakte koekies waarmee jy jou diere kan bederf. Onthou, die hoofbestandeel vir al die resepte is LIEFDE!
Hondekoekies
Grondboontjiebotterkoekies
-Meng twee eiers en twee koppies meel saam.
-Voeg n halwe koppie grondboontjiebotter by en meng deeglik.
-Skep in pan en bak tot gaar.
*As jy nog ouliker wil wees, kan jy die koekies in vorms maak.

vegaprocity.com
Heerlike appelroomys vir jou hond
-Rasper twee appels in een koppie gewone jogurt saam.
-Vries en geniet ‘n roomys saam met jou hond!

cutenessoverflow.com
Katkoekies
Tuna- en katkoskoekies
-Meng n blikkie tuna saam met een eetlepel olyfolie
-Voeg een fyngemaakte eetlepel droë katkos by
-Klits een eier saam met 1 koppie klappermeel
Meng al die bestandele saam tot fyn fyn
-Voeg water by tot dit n taai mengsel is
Sny in bolletjies en bak tot bruin
Muisvormkoekies
-Meng 2 fyngemaakte droë katkos saam met 1 koppie water.
-Rol dit uit en druk in vorms.
-Bak tot cccccccrunchy.

pawesomecats.com
Voëlkoekies
Saadkoekies
-Meng amandels, sonneblomsaad, sesamsade en meel saam.
-Voeg geklitste eier by, asook een eetlepel olyfolie.
-Bak tot gaar.

alphamom.com



