A.B. Anderson (45) het aan FiND iT vertel hoe hy twee van sy motorbande moes vervang nadat hy deur ’n groot slaggat gery het.
“Ek het my seun omstreeks 17:15 op 6 Mei 2019 na sy bestuurslesse geneem en die son was net mooi so dat ek nie mooi in die pad kon sien nie, toe ek deur die slaggat voor die Ou Ark-veearts gery het,” vertel hy. “Die gat is so groot, dit is amper oor die ander baan ook. Ek ry min daardie pad, so ek was nie eers bewus van die slaggat nie.”
Hy vertel hoe twee van sy bande daarmee heen was en dat hy toe die bande moes laat vervang. “Trevor’s Wheel & Tyre was baie behulpsaam daardie tyd van die middag, aangesien dit toemaaktyd was.”
“Ek gaan beslis ook ’n eis by die munisipaliteit indien, aangesien daardie twee bande wat ek moes laat vervang my R1 700 gekos het,” sê Anderson.




