Kimberliete sê hul sê oor stemdag

Op 8 Mei 2019 is stemdag vir Suid-Afrikaners. Hierdie dag lok gemengde gevoelens uit. FiND iT het met vier Kimberliete gesels oor hulle gevoel oor die dag.

Petro Vristernberg

Petro is een van vele mense wat môre gaan stem, alhoewel sy niks voel vir Suid-Afrika se regering nie. “Ek het vir jare in Suid-Korea gebly waar die ekonomie en politiek baie beter is as hier. Maak nie saak of jy ryk of arm is nie, jy betaal slegs 5% belastig en die paaie is in ‘n baie beter toestand as hier.”

Tog sê sy sy hoop vir ‘n beter SA vir almal wat graag nog hier wil bly.

Aldea Niekerk

“Diep in my hart glo en weet ek daar is nog hoop vir Suid-Afrika. Alles is nog nie verlore nie.”

Aldea sê hy gaan vir seker môre stem en indien die regte party wen, sal ons in ‘n beter land bly.

Joyce Nthongoa

Jocyce sê sy gaan beslis môre gaan stem omdat sy moeg is vir die korrupte regering. “Ek soek ‘n beter Suid-Afrika vir myself en vir my kinders. Ek weet vir wie ek moet stem om ‘n verandering in die land te sien.”

Ismail Mokopaneel

“Ek stem vir die DA môre! Hulle is my keuse,” sê Ismail sonder enige skaamte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: