Ritchie en Modderrivier dae later steeds sonder water

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag is die vierde dag wat inwoners van Ritchie en Modderrivier sonder water is.

“Die pompe is na bewering vol modder. Sol Plaatje-munisipaliteit het belowe om die nuwe pomp teen Woensdag te installeer. Tot dusver was dit net leë beloftes,” verduidelik Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap.

Voorts sê hy: “Die inwoners ly as gevolg hiervan. Baie van hulle is arm en kry swaar. JoJo-tenks is aan Ritchie se inwoners voorsien, maar dit is nie vir menslike gebruik nie. Die mense gebruik dit om te bad en hulle klere te was, maar die klere bly vuil. Daar is geen voorsiening vir die inwoners van Modderrivier gemaak nie.”

“Sol Plaatje-munisipaliteit skend die inwoners se basiese menseregte vir toegang tot water. Die munisipaliteit moet verduidelik wat presies is die probleem. Terselfdertyd moet hulle voorsiening maak vir die mense wat in nood sonder water gelaat word – al die mense wat swaar kry wat nie kan bekostig om gebottelde water te koop nie.”

“Hoe langer Ritchie en Modderrivier sonder water is, hoe meer word dit duidelik hoe min die ANC-regering vir die mense omgee. Hulle stel die oorlewing van die party bo die basiese behoeftes van die mense wat vir hulle gestem het.”

“Na 25 jaar onder ’n ANC-regering in die Noord-Kaap het ons mense meer probleme. Dit is tyd vir mense se oë om oop te gaan. Wees dapper en neem is stap in die regte rigting deur vir ’n beter toekoms te stem.”

“In die Wes-Kaap, selfs in tye van die ergste droogte, was daar nie een oomblik wat inwoners nie toegang tot water gehad het nie. Dit is hoe die DA verskil. Dit is waarom verbetering slegs onder ’n DA-regering sal gebeur. Dit sal spoedige toegang tot basiese dienste verseker.”

“Op 8 Mei het mense ’n keuse om verder te ly onder die korrupte en ondoeltreffende ANC-regering. Of hulle kan die DA kies wat bewys het hulle kan ’n regering implimenteer wat vry is van korrupsie, wat omgee en meer doeltreffende dienslewering bied as enige ANC-regering,” sluit Louw af.