Laaste kans om ‘n TV te wen

Vodacom gaan môre, op die laaste dag van die Wildeklawer-toernooi, ’n massiewe 55” Hisense-televisie aan een gelukkige wenner oorhandig. Wil jy daardie wenner wees?

Hoe om deel te neem

Laai die Snapevent app af en koop vyf of meer foto’s van die Wildeklawer-toernooi.

“Indien jy die foto’s gekoop het, gaan jou besonderhede dadelik in ons stelsel, wat ons dan Saterdag sal gebruik om die outomatiese trekking te doen,” verduidelik Jaco van Eeden, die bestuurder van Vodacom in die Diamond Pavillion Mall.

Selfone is ook reeds weggegee

“Ons het reeds vanaf 2 Mei 2019 twee A30 Samsung-selfone weggegee aan twee gelukkige wenners. Môre gee ons die grootste prys weg, omdat dit die laaste dag van die toernooi is.”


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *