Turbo Cool het hierdie naweek fantastiese promosies

Turbo Cool bestaan al amper 21 jaar. Hulle bied nie net lugverkoelingsdienste nie, maar ook lugversorgers, verdampingsverkoelers en doen ook die herstel en diens van lugverkoelers.

Hierdie besigheid was vir 20 jaar in Georgestraat, maar jy kan hulle nou by Fabricia Trading Post gaan besoek.

Hulle het ook Saterdag ‘n spesiale promosie. Klante kan die OFM Street Squad daar verwag. Daar gaan ook musiek, ‘n springkasteel en groot promosies by alle winkels wees.

Turbo Cool het dit goed gedink om 5% korting op alles in hulle winkel aan te bied op daardie dag. Indien jy meer wil weet, kontak gerus die winkel by 0538329809 of Wouter by 0824523797.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *