Annatjie Jordaan (47) en Yolanda Wilken (59) van Wierda Park in Centurion speel omtrent al hulle hele lewe netbal.
Onderwysers, asook afrigters
“Ek het op skool netbal gespeel en toe so bietjie na skool,” verduidelik Annatjie. “Ons albei is nou onderwysers en rig nou netbal af ook.”
Annatjie Jordaan speel en rig al vir omtrent 24 jaar netbal af en Yolanda Wilken vir omtrent 30 jaar.
Wen al die wedstryde
“Dit is ons vyfde jaar by die Wildeklawer-toernooi en ons het dié jaar ses wedstryde gespeel en was bevoorreg genoeg om al die wedstryde te wen. Ons grootste kompetisie onder die skole wat in ons poel was vir hierdie toernooi was Durbanville en Oranje Meisies,” sê Wilken.



