Ontmoet vir Hendrik Greyvenstein van die SA-skeidsregtersakademie

Hendrik Greyvenstein

Hendrik Greyvenstein (50) is al ’n ref vanaf 1994 en ’n skeidsregter-afrigter sedert 2009.

SA Refs-akademie

“Ek het in 2009 begin om skeidsregters op te lei en het in 2011 die SA Refs-akademie begin. Sedertdien het ek omtrent 30 skeidsregters opgelei. Die program duur nege maande en ons kry gereeld mense van regoor die wereld wat ons oplei,” verduidelik Greyvenstein.

Skeidsregters van regoor die wêreld

Hy vertel ook dat hulle al vyf jaar by die Wildeklawer-toernooi is en het tans ’n skeidsregter van Japan wat ook die fluitjie tydens die toernooi gaan blaas. “Ons het al skeidsregters gehad van Kanada, Amerika en Mexico, om net ’n paar te noem.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *