Ontmoet Laerskool Gene Louw se afrigter

FiND iT het met Jaco van Schalkwyk, hoof-afrigter van Laerskool Gene Louw van Kaapstad, gesels.

Wildeklawer

Jaco vertel dit is nou die vyfde jaar wat die skool aan die Wildeklawer-toernooi deelneem. “Ons geniet die toernooi. Dit is goeie ervaring vir ons spelers en is ook goeie blootstelling vir die skool.”

Ons kompetisie

“Ons speel vandag teen Florida, maar ek dink ons grootste kompetisie is Outeniqua. Hulle is ook ’n sterk span.”

Wat wil jy vir jou span sê?

“Hulle moet ons strukture wat ons deur die semester geleer het, onthou, maar dit ook geniet en voluit gaan.”

Spelers van Laerskool Gene Louw

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: