Sport teen misdaad

Op Saterdag 27 April 2019, as deel van die Vryheidsdagvieringe, het die SAPD en ander belangstellendes die jaarlikse Tebza-Kay-sokkertoernooi in Galeshewe gehou. Die toernooi is in die sektor C-gebied in Galeshewe op die sokkerveld tussen Marikana Shanties en Tambo Square gehou.

Die Galeshewe-stasiebevelvoerder, brig. TK Diakanyo, Galeshewe se hoof van sigbare polisiëring, kol. Alexia Robertson, die Galeshewe-gemeenskapspolisieforum-voorsitter, mnr. Spencer Plaatjies, mnr. Thebza-Kay, MTN, Spar en raadslede van die provinsiale en groepgemeenskapspolisiëringsforum, was teenwoordig.

Minderbevoorregte kinders baat

Die projekspan het skoolklere, skoolskoene, sanitêre doekies en toiletsakkies aan minderbevoorregte kinders in die gebied oorhandig.

Afsluiting

Die dag is afgesluit met pragtige musiek van DJ’s van Revival FM en Radio Teemaneng, terwyl die gemeenskap sokker geniet het met sewe-aan-‘n-kant soos ons plaaslike CPF-sokkerspan, Kimberley Celtic en gemeenskapsokkerspanne. Bewusmaking oor misdaad is ook gedoen deur die uitdeel van pamflette oor veiligheid.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: