Dit is nog net twee dae voor een van die grootste rugby- en netbaltoernooie vir skole in die land. Is julle reg vir die Wildeklawer-toernooi wat vanaf 1 Mei 2019 by Hoërskool Diamantveld plaasvind?
Die Wildeklawer skole rugby-en-netbaltoernooi is in 2009 vir die eerste keer aangebied en word dié jaar vir die 11de agtereenvolgende jaar aangebied. Die Wildeklawer-toernooi is die grootste rugby- en netbaltoernooi vir skole in Suid-Afrika, indien nie in die wêreld nie.
Skole wat deelneem
Hierdie jaar is daar 20 skole wat deelneem aan die rugbytoernooi, asook 12 skole wat deelneem aan die netbaltoernooi. Skole soos Paarl Gimnasium, Grey Kollege, Hoërskool Waterkloof en Menlo Park, om ’n paar te noem.
Daar gaan vanjaar plus minus 664 spelers en beamptes teenwoordig wees.
Toks ‘n Tjops
Daar gaan vanjaar ook ’n Toks ’n Tjops op Vrydag, 3 Mei 2019, aangebied word.




