Op 25 April 2019 het die Calvinia-landdroshof vyf manlike verdagtes skuldig bevind vir die besit van dagga.
Arrestasie
Luidens die verklaring is die vyf mans, onderskeidelik tussen 25 en 48 jaar oud, in 2016 afsonderlik gearresteer tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie wat in Calvinia uitgevoer is in ’n strewe om dwelms in daardie gebied uit te wis. Tydens die inhegtenisneming is dagga en tik met die geskatte waarde van R6 000 gekonfiskeer.
Die beskuldigdes
Die beskuldigde is soos volg gevonnis;
- Manus Petrus Galant is skuldig bevind op ses aanklagte vir die handel in dagga en is tot 13 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
- Gerrit Muller is skuldig bevind op vier aanklagte vir die handel in dagga en is tot agt jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
- Clinton Kastoor is skuldig bevind op vyf aanklagte vir die handel in dagga en is tot tien jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
- Jonathan Snyders is skuldig bevind op drie aanklagte vir die handel in dagga en is tot ses jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
- Lionel Hendricks is skuldig bevind op een aanklag vir die handel in dagga en is tot twee jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
Die gemeenskap het die vonnisse saam met die SAPD-bestuur verwelkom en het die ondersoekbeampte, kapt. Karel Coetzee Du Toit, geprys vir die noukeurige ondersoek.



