Nashua: Trotse borg vir HNK

Hoërskool Noord-Kaap het breëbors gestaan toe Nashua Kimberley hulle borgskap Donderdagmiddag amptelik aan die skool oorhandig het. Dit is die eerste jaar dat Nashua die skool borg.

Frans Claassen, operations van die Noord-Kaap, sê hulle is trots om hulle naam aan die skool gekoppel te hê.

“Ons is trots om deel te wees van ‘n skool wat sulke goeie resultate lewer. Goeie resultate meen goeie blootstelling. Deur die borgskap kan ons ook meer betrokke wees by die gemeenskap van Kimberley.”

Deon Carney, hoofafrigter van Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan, sê hulle is trots om deel te wees van Nashua. “Ons hoop om ‘n lang pad saam met hulle te stap.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *