Nicholas Ninow (21) is terug agter tralies nadat hy na bewering vroeër die maand as gevolg van ‘n spinnekopbyt in die Kalafong-hospitaal in Pretoria opgeneem is.
Sy arm was glo geswel en hy is deur mediese beamptes na die hospitaal verwys.
Zandile Mabunda, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Woensdag gesê Ninow is terug in die Kgosi Mampuru ll-gevangenis, berig Netwerk24.
Vals bewerings
Die #NotInMyName het na die voorval berig Ninow is glo as gevolg na ‘n oordodis dwelms, wat hy in sy arm gespuit het, in die hospitaal opneem. Hulle het ook vroeër op hulle Facebook-blad beweer Ninow spuit hom daagliks met ‘n mengsel dwelms in. Die nie-regering organisasie is ‘n organisasie van mans, gekant teen die toenemende geweld teen vroue en kinders.

Volgens Netwerk24 het die DKD uitgevaar teenoor die #NotinMyName en gesê hulle is nooit genader om duidelikheid te kry oor die omstandighede oor hoekom Ninow opgeneem is nie.
Die Kalafong-hospitaal het aan FiND iT bevestig dat Ninow ontslaan is.
Hoekom is hy in die tronk?
Ninow staan terg op aanklag van ontvoering, verkragting, die besit en gebruik van dwelms, regsverydeling en aanranding. Hy het na bewering op 22 September 2018 ‘n sewejarige meisie in ‘n Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag.



