Voor- en nadele om jou dier te laat regmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Daar ontstaan gewoonlik ‘n debat oor of jy jou dier moet laat steriliseer of nie. Volgens ‘n veearts in Kimberley is daar voor- en nadele om jou dier te laat regmaak.

Maar kyk eers die kat uit die boom voor jy jou dier laat regmaak, want elke hond kry sy dag!

Voordele:

  1. Dit kan toekomstige kanker voorkom.
  2. Minder hormone beteken minder bakleiery tussen diere.
  3. Diere loop minder rond.
  4. Geen bloedspoortjies en kolle in jou huis en in jou bed nie.
  5. Geen gebasterde en ongewenste kleintjies nie.

Nadele:

  1. Sommige mense laat hulle diere regmaak om gedragsverandering te weeg te bring, byvoorbeeld om minder kwaai te wees. Dit gaan nie na die operasie noodwendig die geval wees nie.
  2. Studies bewys ook reuns wat te vroeg gesteriliseer word (vroeër as een jaar) ontwikkel soms kanker soos bv. Hemangiosarcoma.
  3. Alle operasies het risiko’s.
  4. Hormone help met groei en ontwikkeling. Indien jy jou dier te vroeg laat regmaak, kan dit die groeiproses beïnvloed.

Veearts se raad:

Daar is wel meer voordele as nadele, maar moenie jou dier te vroeg laat steriliser nie; ‘n dier moet eers groei.