Doula = birth coach

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT het met Amanda Loots, ‘n doula in Kimberley, gesels.

“Doula is ‘n afleiding van ‘n Griekse woord en beteken birth coach. Ons stap ‘n pad saam met die mammas, van die begin tot die einde.”

Heeltyd teenwoordig

“Daar is baie keuses wat gemaak moet word tydens ’n swangerskap. Ons help nie die mamma met die keuse tussen normale geboorte of keisersnit nie. Die mamma moet self besluit en ons ondersteun haar keuse. Ons is heeltyd teenwoordig tydens die kraam of keisersnit en help met die borsvoeding van die baba. Daar is ’n nuwe tegniek, bekend as ’n sensitive keisersnit, waar die baba dadelik aan die mamma se bors gesit word, omdat die latch met borsvoeding die vinnigste geleer kan word tot en met ’n uur na die geboorte.”

“Ons gaan besoek ook elke dag die mamma in die hospitaal, om seker te maak sy is emosioneel op die regte plek. Ons help dan ook indien daar enige probleme met borsvoeding is.”

“Ons is medies opgelei”

Verder verduidelik Amanda dat hulle medies opgelei is, maar geen mediese praktyke mag uitvoer nie. “Ons mag nie eers bloeddruk neem nie. Ons volg ‘n streng etiese kode en kan aangekla word indien ons nie die kode nakom nie.”

Terapie

“Ons is opgelei in asemhalingsterapie, aromaterapie en hipnoterapie. Tydens hipnoterapie verduidelik ons net weer aan ’n mamma dat haar liggaam geskape is om deur hierdie proses te gaan. Dit is ook al bewys dat dit met pynverligting help, dus gebruik mammas baie minder pynmedikasie,” sê sy.

Foto: Mother Nature Network