Beweerde kaping, ontvoering by vulstasie verhoed

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is na bewering vanoggend amper ontvoer en gekaap.

Volgens omstanders was dit danksy vinnige optrede van die Kimberley-blitspatrollie dat twee verdagtes op heterdaad vasgetrek is. Daar is ook op ‘n vuurwapen beslag gelê.

Luidens omstanders was die verdagtes besig om ’n bestuurder en passasier van ’n silwer Volkswagen Polo in ’n minibustaxi te laai toe die polisie op hulle toeslaan. Die voorval het by die Puma-vulstasie op die hoek van Oliver- en Landbouweg gebeur.

“Dit het gelyk of die verdagtes die twee insittendes van die Polo wil ontvoer of kaap. Een van hulle wou van ’n vuurwapen ontslae raak, maar die polisie het dit in die veld gevind,” sê die omstander.

FiND iT het die polisie gekontak vir terugvoer.