Rrabatho Lekhu, ‘n inwoner van Kimberley, se familie is rasend sedert hy op 11 April vermis geraak het.
Lawrence Letselebe (45), Rrabatho se broer sê hul ma, by wie Rrabatho bly, het hom omstreeks 09:30 Saterdag die laaste keer by hul huis gesien.
“Rrabatho was saam met een van sy vriende wat hom na hulle kuier in Du Toitspanweg afgelaai het. Hy het glo aan die vriend gesê dat hy ‘n ander “meeting” met ‘n man het, maar het nie die man se naam genoem nie.”
Lawrence sê hulle is baie bekommerd oor waar Rrabatho is omdat dit nie sy geaardheid is om net te verdwyn nie. “Hy sal ons of my ma altyd sê waarheen hy gaan. Sy ID, kaarte en sy tas wat hy altyd saam hom dra, is by die huis. Hy sal en kan nie daarsonder iewers heen gaan nie”
Enige iemand met inliting kan die familie kontak by 078 061 4457, 071 540 6636 of 079 491 0170.




