Kimberliet durf 226.31 km Ysterman aan

Lohan Faber (34) was een van die 2 050 mense wat op 7 April aan die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem het.

Nadat hy met driekamp begin het, het hy besluit om sy eerste vol Ysterman aan te pak.  Hy vertel ons meer oor sy voorbereiding, oefenprogram en daai senuwees wat so geknaag het.

Voorbereiding vir Ysterman

Lohan vertel dit het baie dissipline en ondersteuning van familie en vriende gevat om voor te berei vir Ysterman. “Anders is dit onmoontlik. Ek het ongeveer 15 tot 20 ure n week geoefen en emosioneel moet mens 100% toegewyd wees. Dit verg regtig baie tyd en aandag.”

Swem, hardloop en fietsry

 Gedurende die Ysterman-kompetisie moet die deelnemers 3.86 km swem, 180.25 km fietsry en 42.20 km hardloop.

“Swem was my die grootste uitdaging, omdat ek bang is vir water. Ek het onlangs eers leer swem.”

Volgens Lohan was dit vir hom geestelik makliker om die afstand te hardloop. “Daar hardloop heeltyd mense verby jou en jy hardloop ook tussen ondersteuners, maar dit is die hardste op mens se lyf.”

Lohan vertel hy het n jaar gelede, toe hy begin oefen het, letterlik nog gestap-draf. Dis toe dat hy eers leer swem het.

“Ek het aanvanklik net eers kort afstande gedoen, soos n sprint. Ek het toe mettertyd aan langer afstande begin deelneem.”

In Desember het Lohan die halwe Ysterman gedoen en van daar af volstoom begin oefen vir die vol Ysterman.

Lohan vertel dat die meeste mense aan die harde oefening dink wat hulle ingesit het. “Ek dink aan al die mense wat my ondersteun het tydens die voorbereiding en natuurlik by die eindstreep.”

Oefen- en eetprogram

Volgens Lohan het hy sy oefening afgewissel tussen min of meer vier ure se swem ’n week. “Naweke het ek so 3,5 km geswem. My fietsry het gewissel van agt tot tien ure per week, waarvan naweke n lang rit van 130 km was.”

Lohan vertel verder sy sessie in die middel van die week was korter. “Ek het meestal by die huis geoefen. Ek het ongeveer ’n uur na elke fietsrysessie gehardloop.  Sondae was gewoonlik n long run van plus-minus 20 – 25 km.”

Alhoewel Lohan hard geoefen het, was sy eetgewoontes normaal en het hy meestal van die tyd geëet wat hy wil. “’Ek het ook ’n lekker bier oor n naweek geniet!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: