Dros-verkragter “overdose” glo aan dwelms

Nicholas Ninow, die 21-jarige vermeende Dros-verkragter, is na bewering in die Kalafong-hospitaal opgeneem nadat hy ‘n oordosis dwelms geneem het. Hy is stabiel.

Die hospitaal het aan FiND iT bevestig Ninow is steeds in die hopsitaal.

Volgens die Citizen is Ninow in sy sel met ‘n geswelde arm gevind nadat hy die dwelms in sy arm probeer inspuit het. Hy het glo die verkeerde aar raakgesteek, berig die koerant.

Daar word beweer dat Ninow sy kos, wat sy ouma vir hom bring, in die tronk vir dwelms verruil.

Ninow is op 22 September 2018 in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n sewejarige meisie by die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria verkrag het. Die meisie is halfpad ontklee saam met Ninow in die  badkamerhokkie gevind.

Na bewering het Ninow die meisie se broekie in die toilet probeer wegspoel.

Hy het met sy gordel na die mense geslaan wat hom wou aankeer.  Net voordat Ninow in hegtenis geneem is, is hy aangerand, vermoedelik deur die mense wat hom betrap het.

Die meisie is dieselfde dag na ’n dokter geneem. Haar geslagsdele was gekeus, geswel en geskeur.

Die meisie se ma het begin bekommerd raak nadat sy haar dogter, wat badkamer toe was, na ’n hele ruk begin soek het en haar nie kon kry nie. Dis toe dat sy die kind uit die vrouebadkamer hoor roep het.

Die saak is uitgestel tot September wanneer Ninow op aanklag van verkragting, ontvoering, die besit en gebruik van dwelms, aanranding en regsverydeling tereg sal staan.

Die klag van aanranding verwys na die bewering dat hy mense met sy gordel wou slaan.

Die klag van regsverydeling is omdat hy bewysstukke, soos die slagoffer se broekie, probeer vernietig het deur dit weg te spoel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: