12-jarige bestuurder uit wrak gered na plesierrit

’n Kind van 12 is ernstig beseer toe die motor wat hy bestuur het, teen n boom gebots het.

Kaptein Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê aan FiND iT die seun en drie van sy vriende, onderskeidelik 14, 14 en 16 jaar oud, het na bewering Saterdagoggend sy pa se motor vir n “plesierrit” geneem.

Die vier het met Veldtstraat, in Kirstenhoff, gery toe die seun beheer oor die voertuig verloor het en teen n boom gebots het.

“Die drie vriende kon uit die motor klim, maar die bestuurder (12) was agter die stuur vasgevang,” sê Jansen.

“Die vriende van die seun het hulp ontbied en die nooddienste het opgedaag. Hulle het die seun uit die wrak uitgesny. Die kinders is na die hospitaal geneem. Die passasiers het geringe beserings opgedoen, maar die 12-jarige is ernstig beseer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: