Mans in Kimberley met tik en Mandrax gevang

Deel hierdie storie / Share this story

Agt verdagtes is vanoggend in Kimberley met dwelms gevang.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die agt verdagtes is deur die polisie in Florianville en Galeshewe in hegtenis geneem.

Mandrax-tablette en metamfetamien (tik), ter waarde van R8000, is by die verdagtes gekry.

Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley- en Galeshewe-landdroshof verskyn.