Vyf jong mense gevang vir staal steel

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf verdagtes, waaronder ’n 19-jarige meisie, is Vrydagmiddag in Ernestville gevang waar hulle na bewering staal op die KEM-JV-perseel wou steel.

Jong verdagtes

Die verdagtes is onderskeidelik tussen die ouderdom van 19 en 27 jaar.

Gevang deur sekuriteitswagte

Patrick Lathoba, van KEM-JV-sekuriteit, sê die verdagtes is op die perseel vasgetrek deur die sekuriteitswagte van KEM-JV.

In besit van wapens

Die verdagtes het glo ook wapens by hulle gehad.

Met FiND iT se aankoms was die polisie nog nie op die toneel nie.