Vervaardiging van plaaslike drank en dagga by SOPA bespreek

Sylvia Elizibeth Lucas, premier van die Noord-Kaap.

Die provinsiale rede (SOPA) het vandag 21 Februarie 2019 by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in Weseinde in Kimberley plaasgevind.

Die premier van die Noord-Kaap provinsie, Sylvia Lucas het die volgende punte gestel:

  • Bevordering van toerisme: Met samewerking tussen die departement van toerisme en die Namibië-regering sal ‘n nuwe toerismebrosjure met inligting oor die Noord-Kaap en gedeeltes van Namibië aan die grens van die Noord-Kaap-provinsie binnekort vrygestel word.
  • Kulturele diversiteit: Twee skole in die Noord-Kaap-provinsie naby aan die grens van Namibië gee onderrig in Nama-tale.
  • Onderrig: R406 miljoen is in die vorige finansiële jaar op studentebeurse bestee, maar praktiese werksondervinding en opleiding bly ’n probleem.
  • Sol Plaatjie-universiteit het grond in Carnarvon ontvang. Befondsing vir die bou van infrastruktuur word nou ingevorder om dit moontlik maak vir studente om navorsing daar te doen.
  • Korrupsie: Statistieke toon verbetering, maar is nog kommerwekkend. Die regering is konstant besig om aksieplanne te implementeer om korrupsie uit te wis.
  • Die regering doen ook navorsing om brandewyn, whisky, wodka en tequila plaaslik in die Noord-Kaap te vervaardig.
  • Die groei van hemp en dagga vir die gebruik van tekstiele, mediese en ontspanningsdoeleindes word ook ondersoek.

NEHAWU het vroegoggend reeds voor die konvensie sentrum, in afwagting van die besoek deur die premier, vergader.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *