Die verkeersdepartement is môre en Vrydag toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die verkeersdepartement se toetsstasie is môre en Vrydag toe.

‘n FiND iT-verslaggewer wou ‘n afspraak maak en is gesê dié departement is toe, want die werknemers gaan Mauritius toe vir ‘n spanbou-sessie.

FiND iT het navraag gedoen by die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hy weet die afdeling maak toe vir ‘n spanbousessie, maar hy is nie bewus daarvan dat hulle Mauritius toe gaan nie. Hy sal uitvind en terugkom na FiND iT.