Dinsdag 26 Maart
Vanoggend het ons weer ‘n curcuit gedoen, arms. Dit was rof, maar het al die oefeninge klaar gemaak, soos Jolene altyd sê: “die beste is om die oefening een vir een te doen en dit so klaar kry”.
Vanoggend het ons weer ‘n curcuit gedoen, arms. Dit was rof, maar het al die oefeninge klaar gemaak, soos Jolene altyd sê: “die beste is om die oefening een vir een te doen en dit so klaar kry”.
Vandag is ek dankbaar vir die ondersteuning en motivering in my lewe. Dankie Suné, as dit nie vir jou was nie, het ek regtig vanoggend bietjie “ingelê”. Vanoggend se oefen was soos elke ander oggend vreeslik lekker.
Winter kruip nou nader, dit is effens moeiliker om so vroeg op te staan, maar as ek eers klaar geoefen het, is ek dankbaar ek het gaan oefen. Die week skop af met ‘n full-body curcuit. Jip, ek weet van…

Ek het lekker gerus gister met die vakansiedag. Vanoggend is ek weer terug in die gim. Ek het heerlik geoefen om die week af te sluit.
Vanoggend was ‘n lekker jogaklas. Dit was my eerste jogasessie ooit, ek het dit baie geniet. Ek voel elke spiertjie in my lyf.
Kardio! Dit klink amper soos ‘n vloekwoord. Treadmill 10minute, touspring 5minute, roei 5minute “cross trainer” 10minute, fietsry 10 minute, “battle rope” 5 minute, “air boxing” met 3 kg in elke hand vir 5 minute. Glad nie nodig om verder iets…
Vanoggend was “combo” dag vir ‘n volle liggaamsoefening. Al my spiere is lekker seer. Mense vra vir my hoe kan seer spiere lekker wees, maar as mens eers oefen sal jy verstaan hoe die seer lekker is.
Lekker bene en boude oefensessie gehad vanoggend. Sommige oefeninge wou die bene nie meer nie, maar ek het deurgedruk.
My magtag! Ek het maagspiere. Vandag was maag-dag. Ek glo môre gaan dit nog seerder wees.
Sjoe, lam arms. Vandag was arm dag. Ek voel sommer goed vir die week wat voorlê.
Lekker harde gimsessie om die week mee af tesluit. Ons het vandag gemeet en geweeg. Ek sien uit na die resultate oor ‘n maand.
Ek het so lekker geoefen vanoggend. Ek het sommer baie krag vir die dag. My spiere is bietjie seer, maar dis ‘n lekker seer. Ons het ‘n keusesessie gehad. Elke spier wat ons geoefen het kon ons kies watter oefening…
Ek is bietjie agter, maar eerder laat as nooit. Hello julle, so ek oefen by Jolene Herselman, Weight Date by Jo, soos julle kon sien. Ek het ‘n eetplan ook gekry maar ek sukkel met dit, alles ‘n kopding. EK…