‘n Pa het sy dogter op Vadersdag gegroet en min het hy geweet dat sy net daarna in ‘n ongeluk sal sterf.
Anri Kotze (24) is in ‘n botsing dood toe haar voertuig met twee ander voertuie in Hopefield aan die Weskus gebots het.
Lees ook: Polisielede wat mense afpers en bedrog pleeg gaan nie meer geduld word nie – Tswane-metropolisie
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê twee vroue is op die toneel dood verklaar. ‘n 23-jarige vrou is in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal geneem.
Volgens Swartbooi is ‘n saak van strafbare manslag geopen.
Die ongeluk het Sondag omstreeks 16:25 naby die kruising van die R45 en Kerkstraat in Hopefield gebeur.
Lees meer artikels op FiND iT hier.



