Khume Ramulifho, provinsiale DA-woordvoerder oor onderwys, het Sondag gesê dat die veiligheid van leerders en onderwysers in Gautengse skole in gevaar gestel is, aangesien agt leerders en ’n skoolhoof die afgelope vyf jaar binne die skoolterrein vermoor is.



