Die Gautengse provinsiale regering gaan R1,2 miljard gebruik om die energiekrisis in die provinsie op te los.
“Oor ’n paar weke sal ons ses ontwikkelaars aanstel wat met die bou van ’n 800 megawatt-sonkragplaas in Merafong sal begin. Dit sal gevolg word deur die installering van dak-sonpanele in staatsgeboue, veral hospitale, klinieke en skole,” het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Maandag in Johannesburg gesê.



