’n Uitskotdam van die Jagersfontein-diamantmyn het Sondagoggend gebars.
Vorige berigte het aangedui drie mense is dood, maar sover het die Vrystaatse nooddienste slegs bevestig een persoon is dood. Dit is nie duidelik hoeveel mense beseer is nie.
Kyk hoe lyk dit nou uit die lug:
Huis en motors is deur die slik meegesleur. Verskeie huise in die Charlesville-woongebied het ineengestort.
Palesa Chubis, die Vrystaatse premier, het in ’n verklaring gesê die provinsiale regering het die rampbestuurspan geaktiveer om die omvang van die ramp te bepaal en ook ontruimingsprosesse uit te voer waar nodig.
“Meer besonderhede oor wat moontlik die voorval veroorsaak het, sal in die latere stadium gedeel word sodra die regering ’n gedetailleerde verslag oor die voorval ontvang het.”
Die departement van minerale en energie het met kommer kennis geneem van die voorval, het Nathi Shabangu, woordvoerder, in ’n verklaring gesê.
Luidens MiningMx, sê onbevestigde berigte die uitskotdam was geleë op ‘n diamantmyn wat deur JDP Mining besit word. Die Mineraleraad het gesê hy kon nie die myneienaar bevestig nie, maar hy het bygevoeg dat dit nie een van sy lede is nie. Die Jagersfontein-diamantmyn is in die 1970’s gesluit.
Inwoners is uit hul huise ontruim terwyl ander reeds vir veiligheid na hoërliggende gebiede verhuis het.
Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, en Mxolisi Dukwana, LUR vir samewerkende regering, sou die gebied vandag besoek.
Staatsbeheerde kragvoorsiener Eskom het in ‘n afsonderlike verklaring gesê hy het grootmaat elektrisiteitstoevoer in die gebied verloor toe sy Rietkuil-substasie deur modder verswelg is en beoog om voor die einde van die dag toevoer na die Jagersfontein-myn te herstel.
FiND iT is jou daaglikse aanlyn koerant. Gaan na www.find-it.co.za om jou daaglikse nuus te ontvang. Jy kan ook by FiND iT adverteer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



