Winter klop aan die deur – maak seker jy en jou tuin is gepantser teen die koue!

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is ‘n definitiewe byt in die lug en winter gaan binne kort sy tande inslaan. Personeel by al GWK se handelstakke staan reg om jou gesin en jou tuin toe terus om hierdie winter met gemak aan te pak en die meeste van die koue weer te maak.

GWK se klerereeks het iets om elke styl en smaak te pas. Bring gerus die kleinspan, tieners, man- en vroulief en selfs ouma en oupa. Van warm baadjies om die koue uit te hou tot skoene vir elke geleentheid.

GWK kan ook help om te verseker jou tuin is gereed om te floreer in die winterstoestande. Praat gerus met ons kundige personeel vir advies oor die regte wintersplante asook die instandhouding van jou tuin in die komende maande. Die Groenmyn-kwekery by die Kimberley-tak het die nodige toerusting en alle insette om jou tuin ‘n lus vir die oog te maak regdeur die jaar.

Sien jou by jou naaste GWK-handelstak. Saam maak ons gereed vir winter-2022!

Onthou ook van GWK se herfspromosie wat hierdie Saterdag, 30 April, eindig.

Lees ook: Besoek GWK Bande vir gemoedsrus en lae pryse!