Marnu Basson van Kimberley het Submission Kings se opegewig klas gewen. Dié kompetisie is op 9 en 10 April in Johannesburg gehou. Die opegewig klas is waar alle gewigklasse en belde deelneem.
Basson het ook sy eie klub, Iron Fist Mma Academy, in Kimberley. Hy sê hy het die klub begin omdat dit sy passie is. “Ek wou nog my hele lewe lank mense leer hoe om te fight en/of om hulleself te verdedig.”
Basson sê ook daar is baie verskillende maniere om vir so ‘n kompetisie soos Submission Kings voor te berei. “Maar ons kompeteer maar met mekaar in die club om reg te maak vir die kompetisie.”
Hulle is ook van plan om vir die volgende vier maande elke maand aan ‘n kompetisie deel te neem.
Hy sê sy klub het ongeveer 20 lede net vir jiujitsu, en dan 15 vir skopboks (kickboxing).
Daar is ook geen vereistes om deel te raak van dié klub nie. “Baie mense begin sonder enige ervaring.”



