Maak gereed vir winter met GWK se herfspromosie

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk om jou rond – al die tekens is daar! Oggende en aande raak al koeler, bome verloor stuk-stuk hul blare en die reuk van seisoensverandering is in die lug. Herfs is op ons voorstoep en winter is om die draai. Die GWK Handel-herfspromosie skop binnekort af en die span sal seker maak jy het wat nodig is om voorbereid te wees hierdie winter – of jy nou die seisoen verpes of mal is daaroor. 

Kom kuier vir ons vanaf 1 tot 30 April 2022 by enige van GWK se handelstakke vir ‘n wye verskeidenheid produkte, vriendelike diens en die beste pryse. Daar is iets vir almal. Van koffiemakers vir lekker warm koffie op ‘n koel oggend, tot ‘n 750 ml Landzicht Hanepoot teen R64 vir die laat aande. Klere-items soos Promark camo-baadjies teen R934, boshoede teen R179, langmouhemde, verskeie skoonmaakmiddels soos All-rite veeldoelige skoonmaakmiddels, ‘n verskeidenheid verwe teen R79/250 ml, en nog baie meer. Daar is ook vir die dierekinders gesorg met 5% afslag op die Trusty-hondekosreeks. Sien die volledige promosie pamflet onderaan die artikel.

Ons GWK-handelstak in Kimberley trek ook ‘n ander baadjie aan met die nuwe takbestuurder, Ryno Rall, wat aan die begin van Maart by die span aangesluit het en hy beplan om dit selfs makliker te maak om by dié winkel te koop. Ryno is al etlike jare betrokke in landbou en is reeds sedert Februarie 2020 deel van die GWK-span waar hy as takbestuurder by GWK Handel op Modderriver begin het.

Ryno Rall, GWK Handel in Kimberley se nuwe takbestuurder

Ryno Rall, GWK Handel in Kimberley se nuwe takbestuurder

Hy bou gefokus voort op die GWK-kultuur en hou sy oë gerig op die toekoms.

“Ons móét volhoubaar bly,” sê Ryno. “Ons moet saam met die trends beweeg en wanneer veranderinge geïmplementeer word, moet dit tot voordeel van GWK én ons kliënte wees.”

Sy ingesteldheid teenoor kliënte se ervaring is eenvoudig: “Dat personeel vriendelik en behulpsaam is, dat voorraad se gehalte hoog is en die pryse regverdig is, dat hier ‘n groot genoeg verskeidenheid van produkte is, en dat mense vir seker sal wil terugkom.”

Maak seker jy het alles wat jy nodig het vir hierdie winter. Besoek vandag jou naaste GWK-handelstak vir vriendelike diens, fantastiese winskopies en ‘n topgehalte-ervaring.

Sien jou daar.