Kimberley se stadsaal is in 1899 gebou en hierdie pragtige gebou het al spogpartytjies in die loop van die jare gesien. Dit is op 20 September 1899 deur die destydse burgemeester, R.H. Henderson, geopen.
Die gebou het destyds ’n hofsaal, ’n eetsaal, ’n raadsaal, burgemeesterskwartiere, komiteekamer en munisipale kantore ingesluit.
In 1970 wou die stadsraad die gebou sloop omdat dit eenvoudig net te veel sou kos om dit te restoureer, maar Lawrie Shuttleworth, die destydse onderburgemeester, het ingegryp en die gebou is in 1975 gerestoureer.
Die stadsaal word vandag steeds gebruik vir openbare vergaderings en funksies. Hierdie statige grand dame is vanjaar 122 jaar oud.




