Op Voorspoed-plaas kan jy ontspan. Jy kan die wind deur die bome hoor suis, jou kinders kan veilig die buitelewe geniet en jy kan ‘n tjoppie op die kole braai met die natuur om jou.
Slegs 68k buite Kimberley, op die Hopetown-pad, wag dié plaaswegbreek op jou. Met vier slaapkamers en plek vir 10 mense, bied dié pragtige plaashuis die perfekte naweekwegbreek vir jou as gesin of vriende.
Koste is R400 per persoon, per nag en R100 vir kinders onder 10. Wildsritte, asook helikopterritte, is beskikbaar teen ‘n ekstra koste.
Daar is ‘n yskas en vrieskas beskikbaar, maar hier is jy privaat en op jou eie. Jy sorg vir jouself.
Die huis het volledige sonkrag en beskik nie oor ‘n televisie nie, sodat jy kan “unplug” vir ‘n paar dae voordat jy weer in die malle gejaag van die lewe opgevang word.
Moenie huiwer nie! Bel nou 078 421 0411 om jou plek te bespreek of besoek Voorspoed Akkommodasie se FB-blad hier.
*Advertensie

















