MPUMALANGA. – Petros Sidnay Mabuza, bekend as Mnr. Big, is vroeër vandag in Hazyview raakgeskiet en is op pad hospitaal toe oorlede.
Polisie het Mabuza se skietdood bevestig.
Mabuza is sedert 2018 in en uit die hof op aanklagte van renosterstropery, renosterdiefstal en die besit van onwettige jaggewere en ammunisie.
Sy Ford Ranger-bakkie is Donderdag met verskeie koeëlgate in gevind.




