September 24, 2021

Ontmoet die wêreld se jongste wêreld bekende pianis

Interessant genoeg was sy ouers nooit musikaal of het hom aangemoedig om klavier te speel nie.

Wanneer Evan Lê sy vingers oor die klawers van sy klavier laat hardloop is, jy weggevoer, geïnspireer en totaal en al verbyster deur die jong knaap se talent. Dit alles op die rype ouderdom van 11. 

Jy sou dink dat die jong seun sy tyd moet verwyl om modderkoekies te bak of iets wat veel meer aan die verbeelding oorlaat.  Die teendeel is juis dat hy geniet wat hy doen en sy ongelooflike talent het juis posgevat lank voor hy vyf geword het. Dié boorling van California is op 31 Mei gebore en is vanjaar 11.

Toekennings

Die You Tube-sensasie het reeds duisende se aandag op America’s Got Talent in die 2020-reeks getrek en veel meer as ’n miljoen mense het al aanlyn na sy talent gekyk.

Global “Child Prodigy 2020”-toekenning

Die Global Child Prodigy-toekennings is daar om talent van regoor die wêreld met verskillende agtergronde en hoë mededigingvermoë in jou veld te erken.

Interessant genoeg was sy ouers nooit musikaal of het hom aangemoedig om klavier te speel nie. Hy het op twee-en-‘n-half-jarige ouderdom op ’n speelklaviertjie sy talent ontdek.  

Indien jy jou droom in klavier wil verwesenlik klik hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *