Gr. 2-leerling vermoor, vermeende moordenaar hardloop water in en verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

SANDDRIFT. – Die grootrivier het geneem, maar terugggee, soos ‘n gemeenskappie gebid het.

Hiervoor is die inwoners van Sanddrift in die ruwe en verafgeleë Richtersveld vir eers dankbaar. Dit, nadat die lyk van ‘n vermeende moordenaar, Akheke Mathanyanah (24), uit die Oranjerivier gehaal is.

Binnekort sal hulle egter weer tot hulle sinne kom wanneer hulle langs twee oop grafte moet gaan staan. By een graf van die drenkeling, Mathanjanah. En by een graf van die vermoorde Marichen Joseph, ‘n gr.2-leerder, wat verlede Maandag glo wreed deur Mathanyanah vermoor is.

Volgens inwoners hier het hy haar eers keel-af gesny en toe na die nabygeleë Oranjerivier gehardloop. Hier het hy vermoedelik selfdood gepleeg deur in die water te hardloop.

Sy lyk is Donderdagnamiddag, drie dae na die selfdood, deur polisieduikers van Kimberley en Upington gevind volgens polisiewoordvoerder, kapt. Sergio Kock. Die ondersoek na die dubbele tragedie gaan voort, het hy gesê.

Intussen is die dorpie in twee of meer dele geruk oor die wrede voorvalle van Maandag. Baie inwoners het groot simpatie met die vermeende moordenaar en het om voorbidding vir sy siel gevra.

Intussen het lesers ook gekla dat hulle lelike naamlose boodskappe en dreigemente gekry het omdat hulle die voorval skerp op sosiale media veroordeel het. Dit het waarskynlik gekom van die supporters en vriende van Mathanjanah.

Ander glo dat die wrede moord op die weerlose dogtertjie met voorbedagte rade gepleeg was. Van hulle het gesê: “Die moord is onverskoonbaar of die verdagte by sy positiewe was of nie. Hoekom het hy hom nie alleen doodgemaak nie? Waarom moes hy ‘n ‘baba-engel’ staan en vermoor?”

Volgens kapt. Paul Swartbooi is dit onverstaanbaar dat die moordenaar nou amper die victim gemaak word in plaas van die dogtertjie. Hy het gesê: “Die voorval is veel dieper en dit lyk of wandade voor die moord met die kind gepleeg was. Wat het die man dan getrigger om die moord te pleeg?  Maar dit is vermoedens totdat die nadoodse ondersoek klaar is.”

Volgens onderwysers van die Hoërskool Alexanderbaai het Mathanjanah in 2016 daar gematrikuleer. Hulle wou nie  verder kommentaar lewer nie.

*Isaac Cloete is ‘n vryskutskrywer.