Soek jy ’n lekker resep vir daai Sondagmiddag-poeding? Dan is dié Koffie-en-karamelsous-poeding resep vir jou.
Bestanddele:
- 1¼ koppie meel
- 1 eetlepel bakpoeier
- ’n knippie sout
- 4 eetlepels botter
- ½ koppie baie sterk koffie, afgekoel
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 1 koppie bruinsuiker
- ½ koppie gouestroop
- 1 koppie room (of ingedampte melk), verkoel
Metode:
- Sif die droë bestanddele saam in ’n oondvaste bak.
- Smelt die botter en voeg dit saam met die koffie en vanieljegeursel by die die beslag.
- Roer dit een of twee keer liggies deur, maar moenie dit te veel meng nie.
- Sprinkel die bruinsuiker oor die beslag en gooi dan die gouestroop en laastens die room oor, sonder om dit enigsins te roer.
- Dit lyk dalk nou of die resep gaan flop, maar moenie skrik nie.
- Bak die poeding vir 40 minute teen 180 °C sonder ’n deksel in die oond totdat die bolaag goudbruin en gaar is en ’n dik sous onderin gevorm het.
- Laat staan dit vir 10 minute en sit dan voor.



