Stuifmeelvlakke skiet die week die hoogte in in Johannesburg, Bloemfontein en Kimberley.
Sinuslyers kan solank die sneesdoekies byderhand hou met die hoogste stuifmeelsyfers in die geskiedenis.
Tellings in Kaapstad is tans laag terwyl tellings in Johannesburg, Kimberley en Bloemfontein hoog is.
Tellings in Pretoria en Durban is tans matig.
Tekens van sinus:
– Pyn in die gesig, agter die ore, voorkop en neus-area.
– Toeneus, loopneus, beperkte of veranderende smaak en reuk.
– Moegheid, swelling en hoofpyne.
– Jeukerigheid.
– Keelirritasie.



