Daar is soveel maklike en vinnige hoendermaaltye wat jy kan maak met net vyf bestanddele.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir hoender-tikka-masala.
Hoender-tikka-masala
Reg vir die maklikste tikka-masala ooit? Marineer hoender vir ongeveer ‘n halfuur in ‘n mengsel van masala-paste, gewone jogurt, tamatiepuree en kokosmelk. Die resultaat: ‘n smaaklike ete wat jou gunsteling- Indiese restaurant ernstig kompetisie sal gee.
Bestanddele
Hoender-tikka-masala:
900 g hoenderborsies, sonder vel en been
¼ koppie masalapasta (resep hieronder)
½ koppie gewone jogurt
1–2 eetlepels olie
2 koppies tamatiepuree
1 koppie room (kan vervang word met ‘n 400 ml kokosmelk)
1–2 teelepels growwe sout
rys en vars koljanderblare vir bediening
Masalapasta:
2 uie (ongeveer 3 koppies gekap)
5 knoffelhuisies
‘n stuk vars gemmer
3 eetlepels garam masalaspeserye
1 eetlepel elk van rissiepoeier, borrie en komyn
½ teelepel gemaalde naeltjies
2 teelepels growwe sout
½ teelepel rooipeper
‘n klein hopie koljanderblare
sap van een suurlemoen
Metode
Masalapasta: Meng alle bestanddele goed in ‘n voedselverwerker. Sit ongeveer ‘n kwart koppie masalapasta vir hierdie resep opsy – vries die res.
Marineer hoender: Sny die hoender in happiegroot stukke. Marineer met een tot twee eetlepels masalapasta en die jogurt vir ongeveer 30 minute in die yskas.
Kook hoender: Verhit ‘n groot, diep pan oor medium hoë hitte. Verhit een tot twee eetlepels olie. Kook die hoender in sarsies, totdat elke stuk mooi en bruin aan die buitekant is. Haal uit die pan en hou eenkant. (Hoender hoef in hierdie stadium nie heeltemal gaar te wees nie.)
Sous: Voeg twee tot drie eetlepels masalapasta by in dieselfde pan. Roerbraai vir ‘n paar minute. Voeg die tamatiepuree en hoender by; prut vir 10 tot 15 minute. (Hoender moet nou heeltemal gaar wees.)
Laastens, roer room of kokosmelk by. Geur met sout. Laat staan vir ‘n rukkie sodat die sous ‘n bietjie verdik. Bedien oor rys met koljanderblare.
Bron: www.tasty.co



