KWAZULU-NATAL. – ’n Onbekende man is gister tydens ’n tref-en-trap op die noordelike baan van die R102 tussen die Ottawa- en Verulam-kruisings oordele toe ’n grys Ford Focus hom raakgery het.
Nooddienste het omstreeks 18:04 op die toneel aangekom en die man in die regterbaan aangetref. Sy regterbeen is tydens die ongeluk onder die knie afgesny.
LEES OOK: Inspirasie vir die dag – Staan op voor die son opkom
Volgens die bestuurder van die motor het die man skielik in die pad verskyn en is toe raakgery.
Die bestuurder en ’n minderjarige wat op die agtersitplek gesit het, is nie beseer nie.



