Probeer gerus hierdie vinnige mielie-en-kaasplaatkoekie-resep. Dit kan as ontbyt geëet word of sommer net as ’n peuselhappie.
Bestanddele:
- 1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
- 1 koppie gerasperde Cheddar-kaas
- 1 koppie bruismeel (self raising flour)
- 1 eier
- sout en peper na smaak
Metode:
- Meng alles saam en vlakbraai in olie oor medium hitte tot mooi bruin en gaar.
- Dreineer op kombuispapier en bedien net so of met heuning.



