Kouga-dam dalk binnekort leeg

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die Kouga-dam in die Oos-Kaap is nou onder 7% vol, net vier punte duskant die vlak waar dit onmoontlik word om water te trek. Die dam was nog nooit leeg in die meer as 50 jaar sedert dit gebou is nie.

Die streek wat dit bedien, sal na verwagting een van die droogste somers ervaar.

LEES OOK: Inspirasie vir die dag – Staan op voor die son opkom

Kouga bedien sowel Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) as boere, waarvan sommige reeds tenkwaens met water inbring om hulle sitrusboorde aan die lewe probeer hou.

Drinkwater en landbou word al vir die laaste 50 jaar van die dam af voorsien en streng waterbeperkings kan glo nou ingestel word.