Het jy sopas ‘n e-pos aan almal gestuur wat net vir een persoon bedoel was?
Wel, jy kan ‘n gestuurde e-pos uit Gmail terugtrek deur die volgende instelling aan te pas voordat jy die e-pos skryf.
Klik hier vir die presiese stappe.
Maak seker om die instelling na langer as vyf sekondes, wat die standaardinstelling is, aan te pas, want vyf sekondes, is nie eers genoeg om te besef dat jy ‘n fout gemaak het nie!
Gelukkig bied Gmail die opsie om dit tot 30 sekondes te maak.
Bron: www.usatoday.com



