Twee botsings – een dood, drie beseer

Vereeniging. – ’n Vrou is dood en drie ander beseer na twee botsings kort na mekaar op die R59 Boy Louwstraat in Vereeniging plaasgevind het.

ER24-paramedici het omstreeks 16:38 op die toneel opgedaag en ’n motor regop langs die pad aangetref. Die liggaam van ’n vrou het langs die motor gelê.

Paramedici het die vrou ondersoek en bevind sy het talle beserings opgedoen. Niks kon vir haar gedoen word nie en sy is dood verklaar.

Na ’n kort rukkie het ’n tweede botsing enkele meters van die aanvanklike toneel plaasgevind. ’n Bakkie en ’n motor het gebots en twee mans en ’n kind het ligte beserings opgedoen.

Die beseerdes is behandel en daarna na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: