Roudiens vir Barry Gerber vind Saterdag plaas

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. –  ’n Roudiens sal Saterdag om 11:00 by Diamantveld-gemeente vir Barry Gerber gehou word.

Daar sal ook ’n regstreekse uitsending van die begrafnis op FiND it se blad plaasvind.

Barry Gerber (64), ’n geliefde besigheidseienaar en pluimveeboer van die stad, is Maandagoggend omstreeks 05:00 weens komplikasies na ’n lang siekbed oorlede.